Frederik Willem de Klerk | |
7de Staatspresident van Suid-Afrika (uitvoerend)
| |
Ampstermyn 15 Augustus 1989 – 9 Mei 1994 | |
Voorafgegaan deur | Pieter Willem Botha |
---|---|
Opgevolg deur | Nelson Mandela as president van Suid-Afrika |
Ampstermyn 10 Mei 1994 – 30 Junie 1996 | |
President | Nelson Mandela |
Voorafgegaan deur | Amp geskep Alwyn Schlebusch as adjunk-staatspresident van Suid-Afrika, 1981–1984 |
Opgevolg deur | Thabo Mbeki (alleenlik) Jacob Zuma |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Johannesburg, Transvaal, Suid-Afrika | 18 Maart 1936
Sterf | 11 November 2021 (op 85) Fresnaye, Kaapstad |
Politieke party | Nasionale Party |
Ouers | Jan de Klerk (vader) |
Eggenoot/-note | Marike Willemse (1959–1998 geskei) Elita Georgiadis (1998–2021 sy dood) |
Kind(ers) | Jan de Klerk, Willem de Klerk, Susan de Klerk |
Alma mater | Potchefstroomse Universiteit vir C.H.O. |
Religie | Gereformeerd |
Handtekening | |
Toekennings | Nobelprys vir Vrede (1993) |
Frederik Willem de Klerk (18 Maart 1936, Johannesburg – 11 November 2021, Kaapstad)[1] was die Staatspresident van Suid-Afrika vanaf September 1989 tot April 1994, en vanaf Februarie 1989 tot September 1997 ook leier van die Nasionale Party, wat later die Nuwe Nasionale Party geword het.
Hy is veral bekend vir sy politieke rolvervulling in die beëindiging van apartheid en die transformasie van Suid-Afrika na 'n demokrasie, deur aan die land se meerderheidsbevolking (swart mense) stemreg toe te ken.